Skip to content
  •  ‘n Familieboerdery oor geslagte heen

     ‘n Familieboerdery oor geslagte heen

  • Stoepkuier met mamma Aranke

    Stoepkuier met mamma Aranke

  • Stoepkuier met mamma Mar-Leze

    Stoepkuier met mamma Mar-Leze

  • ‘n Laaste keer

    ‘n Laaste keer

  • Stoepkuier met mamma Alet

    Stoepkuier met mamma Alet

  • Ons antwoord al jou skuinskoek vrae!

    Ons antwoord al jou skuinskoek vrae!

  • Skuinskoek uit die Boesmanland

    Skuinskoek uit die Boesmanland

  • Klapper & Hawermout koekies

    Klapper & Hawermout koekies

  • Seisoenaal

    Seisoenaal

  • Kombuis
  • Ma-wees
  • Leefstyl
  • Kenners
Instagram Facebook

seisoenaal

  • Tuis
  • BlogExpand
    • KombuisExpand
      • Moedersmelk
      • Kookklas
      • Kinderkombuis
      • Lente
      • Somer
      • Herfs
      • Winter
    • Ma-weesExpand
      • Stoepkuiers
      • Speel-Speel
    • LeefstylExpand
      • Werfjoernaal
      • Swerwinge
    • KennersExpand
      • Kursusse
      • Boerdery
  • Meer oor My
  • Kontak
seisoenaal

trotssuidafrikaans

  • ‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland

    ‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland

lekker lees vir nou
  • Skuinskoek uit die Boesmanland

    Skuinskoek uit die Boesmanland

  • Klapper & Hawermout koekies

    Klapper & Hawermout koekies

instagram

Follow @_marli_visser_

__marli_visser__

Mamma met n kamera en n absolute liefde vir kosmaak en skryf 👩‍🌾👧👶👨‍🌾 Lewe in die Boesmanland SEISOENAAL blog

Vir elke moëe mamma wat vanaand dalk effe oorweldi Vir elke moëe mamma wat vanaand dalk effe oorweldig voel….. “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.”
‭‭MATTEUS‬ ‭11‬:‭28‬ ‭NLV‬‬

Ek doen n lieflike kurses van @milenaciciotti - From Chaos to order.  Ritmes in n huis met kleintjies is so ongelooflik belangrik.  Ons eet ontbyt saam aan tafel en steek ons “dankie-kersies” aan.  Dan sê ons elkeen hardop waarvoor ons dankbaar is vandag…..en niks is verkeerd nie!  Dankie vir kossies, vir kersies, vir sjokolade pappies oor naweke.  Dankie vir die son wat skyn, dankie vir lyfies wat lekker beweeg en gesond is. 

Einstein het eenkeer gesê “You can live as if nothing is a miracle, or you can live as if everything is a miracle”. Mag ons die laaste opsie kies.  Elke.  Liewe.  Dag.

En n laaste ding mamma - gaan luister vanaand Sarah van Vuuren se I will carry you 🫶🏻🌼. Want Hy sal!  Hierdie is die mooiste mooiste seisoen as ons ons oë op Hom hou 🙌🏻
Dit bly vir my die grootste grootste voorreg…om ma Dit bly vir my die grootste grootste voorreg…om ma, vrou, tuisteskepper en boerdery hulp te wees…alles in een….elke dag hier op ons stukkie hemel op aarde.

n Tydjie terug vra iemand my hoe lyk my standaard dag op die plaas.  Ek stotter en stammel oor my woorde!  Ter nagedagtenis wonder ek toe self “Maar wat DOEN ek met al my tyd elke dag hier op die plaas?” 

Hier is dit asof tyd stilstaan.  Elke oomblik is heilig en toegewyd aan God ons Maker.  My kinders kan op die vlaktes speel met draadkarre en klippe en hoenders en wie weet wat nog als.  Ek kan kaalvoet wasgoed ophang, kliphard lofprysing doen terwyl ek skottelgoed was en kruisbeen saam met my kinders op die stoep eet.  Ons staan op wanneer die son se eerste goue strale op ons bed skyn en gaan slaap “saam met die voëltjies” - soos my dogtertjie sê.

Ons is vry van tyd, vry van ander se opinies en vry van die spanning waaraan meeste mense swaar dra. 

Ons is afgeleë, maar ons is so ongelooflik bevoorreg om hierdie “stadiger” lewe as jong gesinnetjie te kan doen 🌱
Julle - ek weet ek deel eintlik net kos maar hierd Julle - ek weet ek deel eintlik net kos maar hierdie “baba wenk” verdien n plekkie op Instagram! 

Met my eerste babatee het n niggie die raad gegee dat Maizena werk soos n bom vir brand boudjies.  Met my eerste paar rondtes het ek Maizena gegooi dat ALLES wit was.  Toe lees ek die wyse raad….meng Maizena met Vaseline (1:1). Gooi dan n paar druppels laventel olie by (dit is baie goed vir die vel!). Ek gooi so 4 druppels op n groot pot Vaseline.  Smeer lekker dik aan met elke doekruil waar dit rooi en seer is. 

You can thank me later 👶🏼😉
Intrekdag Vandag is koud en nat in die Boesmanlan Intrekdag

Vandag is koud en nat in die Boesmanland en vroegoggend kondig my man aan dit is intrek tyd. 

Als voel groot en leeg en koud.  En so uit plek uit.  Ek gaan haal eerste beddegoed wat ouma vir ons gemaak het vir n bietjie lig en sonskyn in die kamers.  Dan soek ek matte.  Enige vorm van matte.  My kinders grawe teddies oral uit.

My dogtertjie kondig aan sy wil net n stoeltjie kry - haar nuwe bed is helemal te hoog.  Daarna le en bewonder sy die berg deur haar nuwe kamer venster.  Sy vertel van elke klip, boom en berg diertjie.  My seuntjie le en speel met die “nuwe” kassie lang sy bed tot sy ogies omdop.

 Dit voel soos n heel nuwe hoofstuk wat aangebreek het vir ons familie.  Ek voel so nostalgies en vol afwagting vir dit wat voorle 🙌🏻

Mag die Heilige Gees elke liewe vertrek in ons huis vul.  Mag Jesus liefde elke vertrek warm maak soos n winterson in die Boesmanland.

Mag ons Namies plaashuis die Bybel se “groen weivelde en waters van rus” wees vir almal wat hier kom 🌾🌾
Soveel van julle het gevra en simpatie gehad met o Soveel van julle het gevra en simpatie gehad met ons aanbouings - ek deel graag meer oor die hele proses! 

Ons huis waarin ons sedert 2019 bly is n baie ou plaashuis - wat n ongelooflike voorreg.  My man se oupa is hier gebore en het in hierdie huis grootgeword.  Die stories wat hy deel is so ongelooflik!  Ons huis het egter net 2 kamers - en met 2 kinders raak dit nou lekker VOL 🙌🏻 

Ons het dus besluit na ongeveer 100 jaar is dit tyd om bietjie te verander en groter te maak.

En soos ek vanoggend deur die “groter” huis stap voel ek die hitte in die ou deel.  Die son het al die mure en vertrekke warm gebak oor al die jare, soveel lewe en soveel mooi herinneringe. 

My gebed is dat ons dieselfde sal kan regkry in die nuwe vertrekke van ons Namies plaashuis.

1.  Ek en my man is albei bietjie “ou siele” en dit is vir ons belangrik om elemente van die ou huis te behou soos hierdie lieflike, dik klipmure. 

2.  Ons nuwe kamer.  Mag die son elke hoekie hier deurdrenk!  Mag ons dit vul met lag en vreugde en gebed.

3.  n Lang gang - vir BAIE fotos van familie oomblikke wat ek nooit wil vergeet nie.

4. Ons nuwe kamer het n groot skuifdeur en gaan binnekort n stoep hê!  Hier wil ek die Boesmanland se sterrehemel kan aanskou en sommer net asemhaal na n lang dag.

En vir die eerste keer in 7 jaar gaan ons n gastekamer hê waar ek my ouers kan onthaal vir n aand se oorslaap.  My dogtertjie vertel al klaar hoe sy by oupa en ouma in die kamer gaan slaap op n matras. (Dis die klein dingetjies neh!)

Die 7 jaar se wag was baie dae vir my heeltemal te lank…..maar nou waardeer ek hierdie soveel meer! 🙌🏻🙌🏻🙌🏻

#oldsouls #houserenovations #farmhouse #Boesmanland #dankieHere
Kaiing Suurdeeg Wie van julle ken kaiings? Dit i Kaiing Suurdeeg

Wie van julle ken kaiings?  Dit is iets waarmee ek grootgeraak het en tot vandag toe nog is dit vir my koningskos!  Vanoggend se suurdeegbrood se korsie kraak soos wat dit warm uit die oond kom, met stukkies kaiings wat blink van die vet.  My hart jubel 🙌🏻🙌🏻🙌🏻. 

#sourdoughbread #kaiings #tuisgebak #huiskos #grootwordonthou
Mag Vader se goedheid hierdie week jou menswees de Mag Vader se goedheid hierdie week jou menswees deurdrenk.  Mag jy Hom hoor en gehoorsaam.  Mag dit wat Hy sê aan jou en oor jou al wees wat saakmaak 🫶🏻

Psalm 23:3
Die vreugde van tuisgemaakte pasta! 2 koppies me Die vreugde van tuisgemaakte pasta! 

2 koppies meel
2 heel eiers
2 eiergele

1.  Maak n dammetjie in meel.  Gooi eiers in.  Meng stadig in met n vurk.
2. Knie met hande tot n lekker bol deeg vorm (nogal droog)
3.  Maak toe met gladwrap en laat rus vir so 3 ure.
4.  Rol uit en sny.  Bestrooi met meel en laat effens droog.
5.  Kook pot water met lekker sout.  Gooi pasta in en kook tot gaar.  Bedien met sous van jou keuse.

Eerlik - ek het gedog dit is n lieflike “saamdoen” aktiwiteit vir klein handjies….mamma se geduld is GETOETS!  En ek het gefaal….maar ek weet Jesus se genade (en my lyfies se vergifnis) is elke dag weer nuut. 

#tuisgemaak #pasta #seisoenaal #plaaseiers #boesmanlandlangtafel
“From scratch” is iets wat almal deesdae probeer…. “From scratch” is iets wat almal deesdae probeer….dis egter hoe ons groot geword het in die Boesmanland - 140km grondpad tot by die naaste dorp.  Ek het altyd gesmag na winkelkos en wegneem etes en blikkies en pakkies.  Ek besef nou eers hoeveel liefde en tyd daar in elke “from scratch” maaltyd ingegaan het. 

My grootword by die kombuistafel was n helse voorreg - en ek hoop dit is iets wat my kinders ook eendag sal kan se 🫶🏻🙌🏻

N Tuisgebakte broodjie (wat nog moet oond toe!) uit @marie.erasmus.brumm se Karoomanna.  Eenvoud in sy suiwerste vorm.

#fromscratch #tuisgemaak #stadigesondag #seisoenaal #boesmanlandlangtafel
n Baie rou mamma oomblik…. Gister was vir my n bl n Baie rou mamma oomblik….

Gister was vir my n blou Vrydag.  My moeg is moeg.  Ons jongste sny tande al vir die laaste 3 weke en ons het n “effense” bouprojek aangepak.

Die bouers moes n stik van ons bestaande dak afbreek en n nuwe dak opsit.  Die gekap was hard en nimmereindigend…..ek moes konstant kies om Vader te prys vir die voorreg om ons huis groter te kan maak (Dat ons familie groot genoeg is om n huis VOL te maak!)

My kinders was moeg en netso geirriteerd soos mamma.  Niemand wou speel nie.  En ons kon nie slaap nie want die werkery is regbo hul kamers.  Ons het gaan middagete piekniek hou in die veld en net n “oomblik” gevat….ek het gekies om Vader te loof vir n oomblik van asemhaal.  Vir n skaduboom en n leë krip waar my kinders “glyplank glyplank” kon speel - in n absolute heilige stilte.

Die namiddag was wild met my skottelgoedwasser wat n fout het en wasgoed wat al weke nat is agv natweer- en die bouers wat steeds kap, kap, kap…ek het gekies om Vader te loof vir vuil borde (wat beteken ons almal se magies is vol!) en reën in die Boesmanland waarvoor ons vir 32 jaar nog altyd te min gekry het.

Hierdie is glad nie om te wys hoe optimisties ek is nie - inteendeel.  Ek het net gister weer en weer en weer besef dat daar ALTYD n rede is om vir Vader dankie te se.  Want Hy is teenwoordig in elke liewe oomblik van ons lewens.  En ons moet altyd altyd aanhou bid en vra dat Hy ons hartsbegeertes inlyn sal bring met Sy wil vir ons lewens.

Hy is SO goed en SO getrou - en dit is iets wat mamma wees my opnuut kom leer het.
Goeie More 🌱🍁 Sommer net n herinnering om vandag Goeie More 🌱🍁

Sommer net n herinnering om vandag rustig te word en tyd saam met jou mense te spandeer xxx
As ons elke dag leef uit n plek van rus, soos Mari As ons elke dag leef uit n plek van rus, soos Maria by Jesus se voete sit en in stilwees en vertroue (en verwondering!) leef - is die wêreld om ons soveel mooier…
“O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles “O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.”
- Uittreksel uit Vroeg Herfs

© NP van Wyk Louw
#seisoenaal #stadigleef #herfs #plaaslewe
Vir die van julle wat wonder wat het van my suurde Vir die van julle wat wonder wat het van my suurdeeg plantjies geword……

Skies vir my week se stilte!  Ek self sowel as my twee lyfies was lekker siek en ekstra rus was nodig!  Ek het egter getrou elke oggend my meelkinders ook gevoed en kon gister uiteindelik bak.

Dit was my heeeeeel eerste keer wat ek meer as twee broodjies gebak het en dit is werklik n verslawing….my glimlag se als 😂😂😂

#seisoenaal #homebakery #sourdough #freshbread #healthybread
Suurdeeg Plantjies | Dag 5 Julle - hulle lyk MOOI Suurdeeg Plantjies | Dag 5

Julle - hulle lyk MOOI!!! Soos ek hier sit en tik is dit nou omtrent 4 ure nadat ek hul gevoed het en hul is alreeds amper dubbel volume 🙌🏻🙌🏻🙌🏻 (Behalwe die koekmeel een - hy is ietwat stadiger)

More se voedings mag dalk bietjie anders lyk.

Net gou n nota oor my suurdeeg lingo….ons kom daar 😆😂. Ovenspring is die regte woord vir “die mooi flare aan die bokant”. Eks mal oor n lekker “crusty” broodjie met n parmantige “ovenspring”.

Ek bak more oggend weer broodjies met my ou plantjie en ons hou duime vas vir n mooooi ou Sondag broodjie 🤞🏻
Suurdeeg Plantjies | Dag 4 Hulle begin wys so sta Suurdeeg Plantjies | Dag 4

Hulle begin wys so stadig maar seker bietjie lewe 🙌🏻🙌🏻🙌🏻. Ek is positief dat ek dalk, net dalk Sondag n vars broodjies sal kan bak🥖🍞

#seisoenaal #tuisgebak #suurdeeg #plaaskombuis #platteland
Suurdeegplantjies | Dag 3 “Mamma ek jou help suur Suurdeegplantjies | Dag 3

“Mamma ek jou help suurdeeg afneem….” (Daarom die pers PEP telefoontjie op my insta feed…)

Julle!!! Die Boesmanland is warm 🥵. So ek vermoed hierdie plantjies gaan binnekort inskop en lekker lewe kry.  Ek verduidelik kortliks waarom min tot geen borrels op dag 3 dood normaal is en jy asb asb nie jou plantjies moet weggooi nie!

Net gou n paar moontlike redes vir my baie plat suurdeegbroodjie….
- Plantjie was in yskas vir n redelike tydjie.  Hy is dalk nie so aktief soos hy kan wees nie
- Swak kwaliteit meel…steengemaalde of selfgemaalde meel maak n GROOT verskil.  Meer hieroor binnekort!
- Overproofing (te lank laat rys op die rak - hoe warmer dit is hoe korter laat rys jy by kamertemperatuur)
- Oond en potte was nie warm genoeg met insit slag nie….ek is geneig om altyd te opgewonde en oor haastig te wees! 🫣😆☺️

Sien julle weer oor 24 uur.

Ek deel link vir blog oor plantjie instruksies in my bio
Maak jou eie suurdeeg plantjie | Dag 2 (48 uur) H Maak jou eie suurdeeg plantjie | Dag 2 (48 uur)

Hulle het gisteraand SO mooi gerys, maar vandag is hulle lekker honger!  Dit is dood normaal….n “vals rys” erens rondom dag 2/3 agv bakteriee (maar nog nie die gesonde gis wat ons in suurdeeg soek nie) Maw…al rys hy mooi is hy nog nie gereed vir bak nie…hy kort nog so bietjie liefde en BAIE geduld!

Die water (regte naam is hooch) wat hy afskei is omdat hy lekker honger is.  Jy kan dit inklits voor jy jou voedings doen of jy kan dit afgooi - jou plantjie sal n suurder smaak gee as jy dit inklits. (party mense is mal oor die suur smaak in suurdeegbrode en ander hou nie daarvan nie - absoluut persoonlike smaak)

Sien julle weer oor 24 uur ✌️👩‍🍳

NS- My steengemaalde witbroodmeel is nou amptelik op #rookiemistake…. @gideonmilling hoe vinnig kan jul in die Boesmanland aflaai 🫣😩😆
Begin jou eie suurdeegplantjie | Na die eerste 24 Begin jou eie suurdeegplantjie | Na die eerste 24 uur

Ons probeer met koekmeel, witbrood meel en bruinbrood meel!  En almal lyk lekker lewendig na 24 uur (die Boesmanlandse hitte help natuurlik)

Vir Februarie gaan ons fokus op alles suurdeeg.  Die plantjie, die meel, die prosesse, die gesondheidsvoordele en nog VELE MEER!

Gaan loer gerus op die blog vir volledige plantjie instruksies!

Kom leer en eksperimenteer saam met my 🥖🥐🍞
| Bekenstellingsweek | Ek het gebid en gedroom v | Bekenstellingsweek | 

Ek het gebid en gedroom van n groot bekendstellingsweek met verskeie aanlyn plasings en vertellings en resepte en saam kosmaak sessies.  Maar lewe met twee lyk bietjie anders.  En dit is juis waaroor my nuutste hartsprojek gaan. 

Rou.  Eerlik.  SEISOENAAL.

My lewe is vol - en ek dink elke ma wat hierdie foto’s kyk sal seker in haar binneste bietjie verligting ervaar en kan assosieer met my en my kombuis se toestand (99% van die tyd!). Maar ek wil nie voorgee of iets “pinterest perfek” voorstel wat meestal nie so is nie.  In my kombuis lag ons BAIE, ons gesels en kuier heeltyd, ons proe aan als en klein handjies voel die teksture van als.  Ons lek potte uit en ons dans op RSG se Afrikaanse treffers.  Ons (probeer) saam aan tafel eet en party maaltye bestaan slegs uit brood of beskuit.  Ons leer elke dag saam - van liefhê, van vergewe, van kosmaak, van luister, van omgee…van stadig lewe sonder pretensie.

Sondag stel ek iets BAIE na aan my hart bekend 🌱🌼🍃 Mag Vader se genade en oorvloedige seën ook op hierdie seisoen rus!
Follow on Instagram

kom kuier saam

  • Disclosure

© 2026 seisoenaal · Theme by 17th Avenue

Scroll to top
  • Tuis
  • Blog
    • Kombuis
      • Moedersmelk
      • Kookklas
      • Kinderkombuis
      • Lente
      • Somer
      • Herfs
      • Winter
    • Ma-wees
      • Stoepkuiers
      • Speel-Speel
    • Leefstyl
      • Werfjoernaal
      • Swerwinge
    • Kenners
      • Kursusse
      • Boerdery
  • Meer oor My
  • Kontak
Instagram Facebook Pinterest TikTok
The Shop
What are you looking for?
Search