
Die storie agter seisoenaal
waar dit als begin het
Alles in die lewe gebeur in seisoene. Vader het hierdie ritmes geskep sodat ons as mens kan groei. Elke seisoen hou sy eie bitter & soet. Elke seisoen is so perfek in Vader se tyd en se wil.
Boesmanland Langtafel was my platvorm waar ek my hart kon deel met elkeen van julle tydens my eerste paar jaar in die huwelik (& in my eie plaaskombuis). Ek kon kosmaak, kos gesels, saam aansit aan my klein kombuistafel.
Tyd staan egter vir niemand stil nie – en so ook nie vir my en my gesin hier in die platteland nie. ‘n Nuwe seisoen het aangebreek, ‘n seisoen waarin ma-wees my deurdrenk soos die oggendson my plaaskombuis. ‘n Seisoen van eenvoud en gestroop wees. ‘n Seisoen vol kinderlike bewondering.
Daarom sal my Boesmanland Langtafel blog nou Seisoenaal heet. Gepas. Vir nou, maar ook vir alle seisoene wat kom. My ou resepte sal stelselmatig weer hier
verskyn omdat daar so baie navraag vir dit was nadat ek die blog gesluit het.
Seisoenaal sal ‘n dagboek van die mooi en eenvoud van ons lewe in die platteland wees. Mag hierdie skrywes jou ook seen in die seisoen wat jy is.
meer OOR MY
aangename kennis
Ek is Marli Visser – ‘n mamma, ‘n vrou en ‘n absolute liefhebber van kos, mense, woorde, foto’s. My wortels is diep in die Boesmanlandse aarde (ek het hier grootgeword) en ek bly nou op ‘n plaas net buite Pofadder saam met my man en ons 2 plaaskindertjies.


van my gunstelinge
koffie bestelling
‘n lekker cappuccino
kos
varsgebakte brood met dik plaasbotter
leesstof
daar is so baie! my bybel, al mariette crafford en niel stemmet se kos storieboeke.
fliek
under the tuscan sun
kan nie leef sonder…
my familie nie!
“Guilty pleasure“
wyn & sjokolade (& koffie!)
op my emmerskop lysie
‘n kostoer deur die italiaanse platteland
gunsteling tydverdryf
kuiers op ons plaasstoep
moet-lees
-
‘n Laaste keer
Hierdie week het ek met meer as een persoon die gesprek gehad oor “Wat as vandag jou laaste dag is?” ‘n Vraag wat al effens holrug gery is, maar wat…
gereelde vrae
indien jy opsoek is na iets, kyk gerus na ons gereelde vrae! en as jy steeds nie antwoorde het nie, kontak my direk per epos – ek gesels vreeslik graag.
boesmanland.langtafel@gmail.com


