1. Smelt margarien en stroop saam oor medium hitte.
2. Voeg koeksoda by bogenoemde en meng lekker.
3. Gooi res van die bestanddele saam in 'n groot mengbak. Roer deur tot gemeng. Voeg gesmelte mengsel hierby.
4. Spuit 'n bakplaat goed en druk dan bogenoemde mengsel lekker stewig in die bakplaat vas.
5. Bak by 180°C vir ongeveer 20 minute. Sny in blokkies sodra dit uit die oond uit kom. Laat goed afkoel voordat jy uit die pan haal.
6. Geniet saam met 'n lekker koppie moerkoffie terwyl jy langbeen op die stoep sit